
=====================================================================
'n Pikante smakie (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Pikante smakie

STUDENTE aan die Katholieke Universiteit Leuven in Belgi kan in hul etensuur 'n pikante smakie van Suid-Afrika kry. Op die spyskaart van 
'n studenterestaurant hier pryk nou, tussen die ander geregte wat studente krag vir die boeke moet gee, ook die Suid-Afrikaanse gereg 
bobotie.

Die kerriegereg het daar beland nadat die restaurant 'n kompetisie uitgeskryf het waarin studente hul gunstelingresepte kon instuur vir 
beoordeling en 'n moontlike plek op die spyskaart. Die inskrywing van bobotie het gekom van Karolien Renders   van Hasselt in Belgi. Die 
inskrywing van bobotie het gekom van Karolien Renders van Hasselt in Belgi.

Sy het die resep by die huis leer ken by haar ma, Vera Renders, wat die resep saamgebring het van Suid-Afrika, waar sy en prof. Luc Renders 
verskeie jare lank gewoon het.

Die resep het opslae gemaak in die Leuvense kombuis en sal voortaan op die spyskaart aangebied word. As beloning vir haar bydrae kon 
Karolien en haar vriende gratis gaan vir 'n proe-sessie.

Hoe dit gesmaak het? Soos alle studentekos?

"Mmm, helemaal niet slecht, maar toch niet zo lekker als de bobotie die mijn moeder thuis klaarmaakt". Herman Wasserman,   'n doktorale 
student in letterkunde aan die Rijksuniversiteit van Leiden in Nederland.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av624.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

